Churches & NGOs

Vaarwel Jenny

22 May 2020 · Platinum Bushvelder

Vaarwel Jenny

Thabazimbi – Dit is met groot leed dat hierdie berig geplaas word om al Jenny Kemna se vriende in te lig van haar afsterwe op Sondag 10 Mei.

Jenny Kemna (links) en Anton Kemna in hul jonger dae.

Jenny was by Mediclinic in Thabazimbi opgeneem om ‘n wond aan haar voet te behandel. Daarna is sy vir die grendeltyd na haar niggie Marianne Nel te Fourways.

Op ‘n rype ouderdom van 93 jaar het Jenny vele herinneringe met ons almal gedeel. Sy en haar oorlede man Anton Kemna was by vele liefdadigheidsprojekte betrokke en sodoende welbekend aan die inwoners van Thabazimbi. Alhoewel hulle nie kinders gehad het nie, het hulle baie moeite gedoen om minderbevoorregtes te help wat boekdele spreek van hulle betrokkenheid in die gemeenskap. Jenny is vanaf 1954 woonagtig in Thabazimbi en dit maak haar seker een van die oudste inwoners in die dorp!

Elsa Dippenaar (links) en Jenny Kemna met haar 93ste verjaarsdag.

Onderstaande boodskappe deur van haar vriende en familie:

From Marianne and Chili Nel, kids Roxy and Ryder

My aunt was a legend with a colourful life, was totally devoted to the Catholic Church and did a lot for charity. We hope she will find eternal peace and be once again united with her beloved husband.

Van Elsa Dippenaar

Ek sal Jenny altyd onthou waar sy stiptelik by die hek gewag het vir my om ons afspraak na te kom. Altyd aan haar sy met Mazee – haar getroue hondjie – opgewonde om my te sien. Dit was nooit moeite om saam hek toe te stap nie al het dit maar stadig gegaan. As ons groet het sy altyd gesê ‘God Bless’ en bly waai tot sy my nie meer kon sien nie.

Rus sag Jenny ek weet hoe graag jy weer by Anton wou wees. Namens Jenny wil ons iedere en elk bedank vir die besoek aan huis en ook die geselsies, sy het dit werklik opreg waardeer en altyd uitgesien daarna. Ons gaan geen persoon uitsonder nie, maar die wat spesiale moeite gedoen het met haar word ekstra bedank daarvoor.

Mazee, Jenny Kemna se beste vriend.