Community

Baie geluk Dita!

22 May 2020 · Platinum Bushvelder

Baie geluk Dita!

Thabazimbi – Dita Badenhorst, ‘n inwoner by Bosveld Oord het op Sondag 9 Mei haar 90ste verjaarsdag gevier.

y is in Angola gebore en het later Suid-Afrika haar tuiste gemaak. Sy bly nou gelukkig in die Bosveld waar sy haar aftrede geniet. Sy is al vir 15 jaar ‘n inwoner by die oord.

Spar Thabazimbi het bygedra om die dag spesiaal te maak deur heerlike eetgoed te voorsien.

Baie geluk met jou verjaarsdag en mag God jou in oorvloed seën met goeie gesondheid, vrede en geluk!
 

Dita Badenhorst het ‘n spesiale koek gekry om haar 90ste verjaarsdag te vier.