Community

Bella 3de in Hill’s Troeteldierverslanker kompetisie

Bella 3de in Hill’s Troeteldierverslanker kompetisie

Thabazimbi – Bella, ‘n vriendelike 7-jaar oue labrador het na Medivet Dierekliniek en Wildsdiente gekom in Oktober 2016. Sy was vreeslik oorgewig en ook gediagnoseer met Pyometra. Sy was ‘n groot narkose risiko oor haar gewig, en die veearts het voorgestel dat sy op die Hill’s Pet Slimmer Program gaan.

Ek, Sr. Reneé Jackson, het haar deur die program gevat. Nadat sy ‘n paar kilo’s afgeskud het, het sy die operasie suksesvol ontvang. Sy het die program voltooi in Julie 2017 waar sy 14.5kg (33% van haar liggaamsgewig) verloor het, 8cm oor haar bors en 20cm om haar middel.

Hills het ‘n wonderlike program, wat ons die pasiënte weekliks weeg en meet en dan op die stelsel aanteken.  Deur ‘n grafiek word die gewigsverlies mooi uiteengesit en die kliënte en ons kan sien of hulle goed vorder en hulle gewig korrek verloor. Met die inskryf op die program word daar gesê wat die pasiënt moet weeg, hoeveel hy/sy moet eet en hoe lank dit sal neem. Met die derde weeg word daar ook vir die pasiënte ‘n dieet blikkie kos saamgestuur en as hulle hul teiken gewig bereik, ‘n sertifikaat en ‘n geskenk. Hills gee baie voordele en geskenkbewyse vir die kliënte en bederfies vir die pasiënte.

Elke jaar September word die pasiënte wat hul teiken gewig bereik het ingeskryf vir die Hill’s Troeteldierverslanker van die Jaar.  Bella was ingeskryf en Oktober aangewys as een van die top 10, asook nog ‘n hond van Medivet Dierekliniek en Wildsdienste, Kapow en 7 ander honde en ‘n kat oor Suid Afrika.

Beoordeling het in Oktober plaasgevind deur die volgende paneel: Carolyn Herrick (Hill’s Pet Nutrition), DJ Damon Beard(East Coast Radio), dr. Guy Fyvie (Veearts raadgewer vir Hill’s), Mapaseka Koetle-Nyokong (Aktrise), Tony Sanderson (Magic828AM) en Zoe Brown (SABC 3 se Expresso Breakfast Show).  Prysgeld vir die algehele wenner is R10 000, tweede is R7 000 en derde is R5000. Die Top 3 is die 1ste November aangekondig waar Bella derde plek deel met Ariel die Jack Russel.

Besoek die Hill’s Troeteldierverslanker van die Jaar se heldesaal by www.PetSlimmer.co.za om hierdie slanke troeteldiere se merkwaardige voor- en na- foto’s te sien en te lees oor hoe die afskud van die dodelike kilogramme hulle lewens ten goede verander het.

As julle bekommerd is oor jou dierekind se gewig, kom maak ‘n draai by Medivet Dierekliniek en Wildsdienste, waar daar twee susters is wat die program hanteer en vir jou raad kan gee. Die kliniek is gratis. Medivet: 014-772 3323.

Bella saam met Pauline en Flip Helberg, haar liefdevolle mens-ouers

 

More local news