Community

Geliefde Northam inwoner oorlede

5 June 2020 · Platinum Bushvelder

Geliefde Northam inwoner oorlede

Maroelasfontein – Annelie van Wyk, ‘n geliefde inwoner van Maroelasfontein net buite Northam, is op Saterdag 11 April op die ouderdom van 91 oorlede.

Annelie is gebore op 25 November 1928 in Groenvlei, Matlabas. In 1949 trou sy met Roelf van Wyk en hul verhuis na Maroelasfontein.

Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy kon alles doen van naaldwerk tot boer. Die gemeenskap sal haar onthou as ‘n vrou wat jy altyd deur ‘n ring kon trek – selfs al was sy net by die huis.

Annelie laat haar seun Theo van Wyk, dogter Mari Meintjes, asook haar skoondogter en skoonseun, nege kleinkinders en vier agterkleinkinders agter.

Haar gedenkdiens het op 6 Mei te Northam plaasgevind.

Ons betuig ons innige meegevoel aan Annelie se vriende en familie.

Annelie van Wyk