Laerskool Thabazimbi blink uit by Digitale Dramafees

Thabazimbi – Knap gedaan aan Donillo Fernandes en Jarianca du Plessis, twee Laerskool Thabazimbi leerders wat deel is van RiVo Dramaskool. Beide leerders het deurgedring na die finaal van die ATKV KunsteGrot Digitale Dramafees op Donderdag, 16 Julie, en het spoggerige uitslae behaal.
Donillo Fernandes
- Poësie A+
- Prosa A
Jarianca du Plessis
- Poësie A++
- Gedramatiseerde Poësie A++
- Monoloog A++
- Jarianca is ook aangewys as die kategorie wenner in al drie kategorieë.
