KunsteGrot het ‘n kleurvolle palet

Thabazimbi – Die kersseisoen is op ons en die KunsteGrot het ‘n wye reeks aktiwiteite vir jonk en oud.
Op Woensdag, 29 November, is daar ‘n krismispiekniek met Doringdraadduwwels om 18h30. Ingang beloop slegs R100 per persoon, boek solank nou al jou spasie!
Op die grootskerm wys die volgende films:
- 24 Nov: Kampterrein: 17h30
- 24 Nov: Alexander: 19h00
- 1 Des: Nul is nie Niks nie: 17h30
- 1 Des: Stardust: 19h00
Vir enige navrae, skakel Rita Volschenk gerus by 083-744 8559.
