Brad Binder maak geskiedenis

Suid-Afrika – "A new star is born" was die kommentator se woorde herhaadelik na Suid-Afrika se Brad Binder geskiedenis maak tydens die Tsjeggiese motorfiets-Grand Prix in Brno.
Brad behaal hierdie historiese sege op sy KTM en word dan die eerste jaer vir KTM om 'n premium resies te wen en dan ook die eerste Suid-Afrikaner wat dit vermag. Merkwaardig is dit ook net die derde resies in Moto GP en die "rookie" het gat geskop Sarel! Brad het in die sewende plek weggespring maar in die tiende ronde het hy die voortou geneem om met meer as vier sekondes die geruite vlag te ontvang.
Binder se ouers wat in Krugersdorp was, is oorstelp van vreugde. Brad het op ses-jarige ouderdom alreeds sy eerste titel in veldfietse gewen en die reis van roem en glorie het daar begin vir hierdie nederige jong man wat ook Dinsdag sy 25ste verjaarsdag gevier het.
Hy gaan dalk nie die 2020 MOTO GP kampioen wees nie, maar hy is besig om sy droom te verwesenlik.
Go Brad!
