Thabazimbi – COVID-19 het 2020 heeltemal onderstebo gedompel. Die land het tot ‘n stilstand gekom, die ekonomie is stadig maar seker weer geopen en skole het oopgemaak en weer toegemaak en weer oopgemaak. In hierdie tyd van onsekerheid wil ‘n paar Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) leerders graag hul boodskap van hoop met die gemeenskap deel.
“Ek, as ‘n graad nege, is persoonlik baie dankbaar vir al die moeite wat almal ingesit het om vir ons die geleentheid te gee om weer skool toe te kan kom. By HFM is ons ‘n familie, ‘n familie vol van liefde, hoop en vreugde. Dit is ‘n moeilike aanpassing vir ons, maar met die hulp van al die Frikkies en die hulp van ons Almagtige Vader gaan ons hierdeur kom.”
HFM Graad 9 leerder Carla Barnard
“The work and pressure to perform outstandingly is a lot right now, however giving up is not an option. A very special thank you to all our super and wonderful teachers for the love and warmth that they give daily, that has left us feeling home, comfortable and welcomed. You guys are the heroes of this country in this period for rising your life to give us an education and a better future. We, class of 2020, are ready to fight it by washing our hands regularly, wearing masks and most importantly keeping our social distancing.” HFM Grade 12 learner Kgaogelo Magengoa
“Die nuwe normaal is vreemd… daar is so baie reëls wat gevolg moet word. Almal dra maskers, ontsmet ons hande gereeld en dan natuurlik die sosiale afstand! Ten spyte van al die nuwe reëls en regulasies is ons graad 9’s ‘n besonderse groep, ‘n virus gaan nié ons wêreld ruk nie! Dié jaar 2020 gaan beslis ‘n jaar wees om te onthou!”
HFM Graad 9 leerder Izandri Joubert
“Agt periodes op ‘n dag.. en pouse is een daarvan. Ek kon my ore nie glo nie toe ek hoor pouse nou 50 minute lank is nie! Dit is heerlik om heeldag in een klaskamer te sit. Die beste is dat ek nou glad nie meer laat kan wees nie, want ons wissel nie. Dit is nou die onderwysers wat wissel en ons kan net lag as hulle so tussen die klasse draf. Die jaar is beslis vol uitdagings, maar ons is gereed!”
HFM Graad 9 leerder Zander Fouché