Schools & sport

NZ Super Rugby, Australian Domestic and MOTO GP

24 August 2020 · Platinum Bushvelder

NZ Super Rugby, Australian Domestic and MOTO GP

NZ Super Rugby

Highlanders vs Hurricanes

Die Highlanders speel hulle beste ruggas van die reeks en klop die Canes behoorlik om met 38-21 as oorwinnaars van die veld te stap. Die Highlanders het gewys dat hulle saam met die groot honde kan blaf met die All Black skrummie, Aaron Smith, wat gekook het en maklik aangewys word as die speler van die reeks.

Die 2020 Aotearoa reeks word dan gewen deur die Crusaders ten spyte daarvan dat hulle wedstryd teen die Blues afgelas was weens COVID-19 inperkings.

  1. Crusaders 28 punte
  2. Blues 22 punte
  3. Hurricanes 21 punte
  4. Highlanders 14 punte
  5. Chiefs 5 punte

Australian Domestic

Reds vs Rebels

In ‘n uiters eentonige tipiese Aussie derby, klop die Reds die Rebels 19-3. Die Reds beklee dan tans die tweede plek in die reeks met 16 punte. Die Reds se volgende game is teen die Western Force met die Rebels wat ‘n loslootjie geniet.

Western Force vs Waratahs (haal die extra spasie uit)

Die Force is weer aan die verloorkant en hulle word geklop 28-8 deur die Warathas. Die Thas se volgende game is teen die Brumbies en as hulle hierdie een kan deurtrek, sal hulle die voortou in die reeks neem. Die Force speel volgende teen die Reds...

Good night mate...

MOTO GP

Brad Binder volg sy wen op in die Tsjeggiese motorfiets-Grand Prix in Brno met ‘n vierde plek in die Hongaarse GP. Dit is ‘n puik prestasie met die feit dat Brad in die sewentiende plek moes wegspring.

Go Brad!