Schools & sport

Australian Domestic & SA Rugga Chunks

28 August 2020 · Platinum Bushvelder

Australian Domestic & SA Rugga Chunks

Western Force vs Reds

Die Force word weer geboelie en kry ‘n groot pakslae by die Reds en verloor 5-57. James O' Connor het ‘n goeie dag op kantoor vir die Reds gehad en teken 22 punte aan wat ‘n puik drie insluit. Hy word ook die eerste Super Rugby speler ooit om 100 punte vir drie verskillende spanne aan te teken in die kompetisie.  Makliker gaan dit nie raak vir die Force nie, want hulle volgende game is teen die Brumbies. Die Reds geniet ‘n loslootjie.

Brumbies vs Waratahs

In Canberra klop die Brumbies die Waratahs 38-11 en kuier ses keer agter die Tahs se doellyn. Met rustyd was die telling 12-11 in die Brumbies se guns. Die tweede helfte het egter aan die Brumbies behoort en hulle teken 26 onbeantwoord punte aan. Die Waratahs speel volgende teen die Rebels met die Brumbies wat teen die sukkelende Force gaan uitdraf.

Die Southern Kings is bankrot en sal nie weer in 2020 enige ruggas speel nie. Die WP Rugby Unie het 'n R100 miljoen aanbod van 'n paar Amerikaanse sakemanne ontvang. Met druktyd is daar nog nie 'n besluit geneem nie...

SA Rugby beplan dat vier SA spanne moontlik in 'n vergrote PRO-14 sal deelneem. Curriebeker ruggas sal moontlik op 14 September afskop maar sal volgende week bevestig word.

Nag ou grote...