KunsteGrot is weer oop!

Thabazimbi – Met die verskyning van die eerste lentebloeisels is die koue winter amper verby. So is daar ook, na die erge inperking, nuwe lewe op die KunsteGrot verhoog!
Die vermaak skop af met Rocco de Villiers op 17 Oktober. Indien besprekings dit regverdig, sal daar twee vertonings wees.
Die Grapmakers, ‘n komedie-drama met Neels van Jaarsveld en Michelle Botha met Lizz Meiring as regie sal op 19 November op die KunstGrot verhoog wees.
Daar sal wel streng COVID-19 regulasies toegepas word en slegs 50 mense sal per vertoning toegelaat word. Aangesien daar net beperkte kaartjies is, is vooraf besprekings en betalings noodsaaklik.
Skakel Rita Volschenk by 083 744 8559 vir meer inligting.
