Ierland vs Suid Afrika

In Dublin word daar seker nou nog gellings Ierse bier gebruik en met rede ou groene! Om ‘n rekord op te stel teen Suid Afrika is die grootste dag in Ierse ruggas.
Die Iere wen welverdiend 38-3 en was met rustyd 14-0 voor. Dit was die swakste vertoning nog deur ‘n Springbokspan in die geskiedenis van die eens trotse Springbok. Die hele agterlyn moet gepos word, punt!
Die besering aan Pieter-Steph du Toit is dalk ‘n bedekte seën want Duane Vermeulen is ontbied en kan dan agsteman speel met Francois Louw terug op flank waar hy hoort. Hierdie skuif is al klaar dertig present verbetering!
Die Bokke speel volgende teen die Franse wat nie te sleg teen die All Blacks vertoon het nie. Die Franse se sterte is gewis in die lug en weet die Bokke is gekwes en onder baie druk. Toetie sal seker op die trein bly tot aan die einde van die Europese toer en dan ‘n retoer kaartjie WP toe kry. Allister Coetzee hoort nie daar nie, finish en klaar!
En dan moet die Bokke wat teen die Franse uitdraf wys hulle het ruggraat en passie vir die trui. Hulle gaan voor tagtig duisend Franse uitdraf en dit gaan nie maklik wees nie! Dis nou tyd om die manne van die sissies te skei en weer die blou hel uit die Hane uit te duik.
ANDER UITSLAE:
- Frankryk 18 – Nieu-Seeland 38
- Engeland 21 – Argentinië 8
- Wallis 21 – Australië 29
Nag ou groene…
