Community

Piet behaal rekord tydens aanlyn veiling

11 September 2020 · Platinum Bushvelder

Piet behaal rekord tydens aanlyn veiling

Thabazimbi – ‘n Gesiene hoenderboer van Thabazimbi, Piet Strydom, het ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord behaal toe sy Buff Orpington hen vir R7,000 verkoop het tydens ‘n prestige aanlyn veiling. Die hen se nuwe eienaar is van Hartbeesfontein in Noord Wes.

Piet is deel van die Rustenburg Pluimvee klub en in die hoenderboer kringe bekend vir sy spog hoenders wat gereeld prestasies inpalm tydens verskeie hoenderskou geleenthede.

Piet Strydom se spog hen.