Boerse BESKUIT se gelukkige wenner

Thabazimbi – Boerse BESKUIT het by Pick n Pay Thabazimbi ‘n kompetisie geloods waar ‘n gelukkige kliënt die kans gestaan het om ‘n prys te wen.
Om in aanmerking te kom vir die prys moes jy twee pakke Boerse BESKUIT koop waarna jou naam in ‘n boks gegooi is vir ‘n gelukkige trekking. Die wenner se naam is op Saterdag 29 Augustus getrek en Carien de Beer het weggestap met ‘n geskenkpak vol bederfde.
