Gholf vir ‘n goeie doel – dankie almal!

Thabazimbi/ Amandelbult – Graag wil ons, Cimarron Iron Clan Motorfietsklub, opreg en hartlik dankie sê aan ieder en elkeen wat die fondsinsamelingsprojek vir Huis Tambotie Versorgingseenheid, wat ons gehou het op 14 Oktober by die Amandelbult Golfklub. ondersteun het of ‘n bydrae gemaak het.
Te danke aan hierdie dag en bydraes, kan ons nou ‘n paar glimlaggies op ons ou mensies se gesiggies sit. Die dag was ‘n reuse sukses, en al was ons groep nie so groot nie, was elkeen wat betrokke was oop van hart en opreg in sy bydrae.
Ons as ‘bikers’ het baie gelag en geleer by die ‘gholfers’ díe dag! Dit was baie lekker om die spelers by ons ‘halfway’ te kon bederf met ‘n lekker vars warm worsbroodjie en koue verversing, voor hul aanbeweeg het na die volgende putjie.
Die geselsies met hul het ons laat vergeet van die bloedige son. Nadat almal klaar was het ons bymekaar gekom vir die prysuitdeling. Te danke aan al ons wonderlike borge kon ons baie goeie pryse aan die spelers oorhandig. Na die prysuitdeling het ons almal om ‘n lekker pot gesit wat ons president, Henk Botha gemaak het, en almal het hul vingers behoorlik afgelek!
Graag wil ons ook die volgende bedankings doen: Amandelbult Gholfklub vir hul gasvryheid; ons borge: Setaria Spar, Autozone Thabazimbi, Thabazimbi Superspar,Thaba Auto Electrical Spares, Kransberg Petrolium, Kaltire, Kransberg Auto Spares, Buco, Lombard Tyres, Wes Enterprises, Northam Toyota, Ysterberg Elektries, Stephen Clark, Duraset, Thabazimbi Garage (Ford), Feroda Brake Pads, Monroe, Glue Devil, LMJ Car Wash, asook al ons anonieme borge.
Berig en foto’s: Cimarron Iron Clan Thabazimbi
