Franscois skiet sy eerste rooibok

Thabazimbi – Die vyfjarige Franscois Steyn is die eerste en jongste jagtertjie wat sy eerste rooibok geskiet het op Japie Combrink se plaas te Vaalkop, Koedoeskop op Saterdag 12 September. Hy het met sy oupa se 223 geskiet. Dit was ‘n groot eer vir Oupa Ferdie en Ouma Christine Labotske om die belewenis saam met hom te kon deel. Hulle is ongelooflik trots op hom!
