Schools & sport

HFM doen dit weer!

19 October 2020 · Platinum Bushvelder

HFM doen dit weer!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) is tans besig met grootskaalse bemarking en werwing van leerders vir 2021. 


Vir hierdie doel het die skool ‘n baie suksesvolle bemarkingsvideo op sosiale media gelaai. Verder het die senior raad ook by ons voedingskole ‘n treffende vertoning aangebied wat tot groot belangstelling in die skool gelei het. Die laerskool leerders en ouers was veral beïndruk met die wye vakkeuse wat beskikbaar is, asook die groot aantal sport- en kultuuraktiwiteite. 


Tydens besoeke aan die skool was die ouers ook baie beïndruk met die besonderse netjiese terrein en die hoë vlakke van instandhouding. Daar is nog plek vir u kind, so moenie uitstel nie, inskrywings is reeds oop vir voornemende graad agt leerders. Foto: HFM leerders (agter) saam met voornemende Graad 8’s.

 HFM leerders (agter) saam met voornemende Graad 8’s.