Koedoeskop Graad-6 leerders oefen hul noodhulp vaardighede

Koedoeskop – Laerskool Koedoeskop se Graad-6 leerders het hul kennis oor verskeie noodhulp prosedures prakties uitgevoer op Woensdag 7 Oktober. Ongelukke gebeur voortdurend en mense kry seer.
Heel dikwels is die beserings nie ernstig nie en jy kan hulle behandel deur basiese noodhulp toe te pas. Dié jongspan het noodhulp toegepas en meer geleer oor verskillende wonde
en beserings.
