Super Rugby Unlocked

Super Rugby Unlocked
Pumas vs Stormers
In die Mbombela Stadium speel die Pumas uitmuntende ruggas vir 60 minute ou grote. Die tuisspan loop na 58 minute in die tweede helfte 37-14 voor en duisende Puma supporters ruk nog 'n paar kouetjies uit om die geskiedkundige dag te vier. Maar toe word die wyn suur...
Die gebrek aan dissipline en die insinking in hulle verdediging laat die Kapenaars toe om terug te kom in die game om dan 37-42 die onderspit te delf.
Puik ruggas is op die dag gespeel en aan die Puma kant moet die name van Jeandré Rudolph op agsteman en Wayne van der Bank op senter genoem word. Die losskakel Eddie Fouché se besering het die Pumas se spelpatroon ontwrig. Fouché het 'n ernstige beenbesering opgedoen.
Vir die Stormers is cappie Siya Kolisi ook van die veld af met 'n besering en sal vir 'n paar weke buite aksie wees. Steven Kitshoff sal die kapteinskap oorneem. Die Stormers reis Pretoria toe om teen die Bulle op Loftus te loop uitdraf. Die Pumas gaan gasheer speel vir die Haaie in Nelspruit.
Leeus vs Cheetahs
Uitgestel weens COVID-19 protokol.
Bulle vs Haaie
Op Fort Loftus trap die Bulle die Haaie behoorlik en wen 41-14, ou grote. Blou Bul cappie Duane Vermeulen het van voor af gelei en speel ‘n reuse game. Hy word welverdiend dan ook as speler van die wedstryd aangewys.
Die Haaie het erg teleurgestel en lei gewis nog aan COVID-19 skokke. Voor die inperking was die Haaie onkeerbaar! Die Haaie moet die omgekrapte Pumas in Nelspruit gaan aandurf en die Bulle gaan tuis teen die Stormers Saterdagaand 19:00 uitdraf.
Ses Nasies Rugby
Ierland 50 - 17 Italië
Die Iere speel eerskomende naweek teen die Franse en moet met 'n bonuspunt wen om die Ses Nasie kroon te verower. Dit gaan egter nie so maklik wees nie want die Franse lyk goed op dreef en het Wallis verspot maklik 38-21 kafgedraf.
Matigheid, afstand... en lekker braai ouens!
Nag ou grote…
