Schools & sport

Ysterberg Voortrekkers sluit die jaar af

17 November 2020 · Platinum Bushvelder

Ysterberg Voortrekkers sluit die jaar af

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers het  hul jaarlikse afsluiting en toekenningsaand gehou op Woensdag 21 Oktober te Laerskool Thabazimbi.

Hulle het ook die Voortrekkers se 89ste Voortrekker bestaansjaar gevier, asook Ysterberg se eerste verjaarsdag wat plaasgevind het in COVID-19 grendeltyd op 4 Mei.

Tydens die seremonie is Kevin van den Berg, Amori Waetherall-Thomas, Ruben van Wyngaard, JJ van Wyngaard, Sophia Jarman en Leané Weatherall-Thomas ingelyf as nuwe Voortrekkers vir 2020. Gwendolyn van den Berg is ingelyf as ‘n nuwe offisier en Annamart Jarman, Elmaré Weatherall-Thomas is ingelyf as heemraadslede.

Baie geluk aan Lindie Alers en Dylan Wagenaar wat as die twee jeuglede (verkenners) van 2021 aangewys is asook die nuwe 2021 penkop en drawwertjie leiers Helena Pieterse en Dané Wagenaar.

Die dryfkrag agter die voortrekkers, die bestuur, is ook bekend gestel tydens die toekenningsaand. Annamart Jarman, Elmaré Weatherall-Thomas, Ronelle du Plessis, Karin Naudé en Danie Naudé sal in 2021 op die bestuursraad dien.

Die volgende toekennings is aan die jongspan uitgedeel:

DIE BYE SPAN (ONTDEKKERS) VOORSKOOL

  • Lounelle du Plessis
  • Lianca van den Berg
  • Marianey du Plessis

Elke lid het ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook ‘n getroue diens sertifikaat.

GRAAD 1 - RENOSTER SPAN

  • Sophia Jarman het ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook een jaar diens toekenning en haar Graad 1 graadwiel.

GRAAD 2 - BUFFEL SPAN

  • Leané Weatherall-Thomas het ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook een jaar diens toekenning en haar Graad 2 graadwiel.

GRAAD 3 - SPRINGBOK SPAN

  • Kevin van den Berg het ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook een jaar diens toekenning en sy Graad 3 graadwiel en sy ‘Die KOK’ kenteken.

GRAAD 4 - VISARENDE SPAN

  • Ruben van Wyngaard en Amori Weatherall-Thomas het albei ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook een jaar diens toekenning, hul Graad 4 graadwiel en hul ‘Die KOK’ kentekens.

GRAAD 5 - POUE SPAN

  • Gert-Hendrik du Plessis – twee jaar diens
  • Tatjana Eksteen – twee jaar diens
  • JJ van Wyngaard – een jaar diens

Hul ontvang elkeen ‘n toekening vir hul diensjare, hul Graad 5 graadwiele en ook hul COVID-19 kenteken.

GRAAD 6 - LUIPERD SPAN

  • Helena Pieterse, Dané Wagenaar, en Haely-Jane Theunissen het elkeen ‘n COVID-19 kenteken ontvang asook twee jaar diens toekennings en hul Graad 5 graadwiel.

GRAAD 7 - BOSBOK SPAN

  • Ananda Pieterse, Jarianca du Plessis, en Ettiëne Pieterse ontvang elk hul COVID-19 kenteken, hul dagbreek graadwiele en hul twee jaar diens toekennings.

OFFISIERE

Die volgende offisiere en heemraadslede het ook toekennings ontvang:

  • Danie Naudé – vyf jaar diens toekenning
  • Karin Naudé – vyf jaar diens toekenning
  • Lizzie Alers – twee jaar diens toekenning
  • Ronelle du Plessis – 14 jaar diens toekenning
  • Gwendolyn Van Den Berg – een jaar diens toekenning

HEEMRAADSLEDE

  • Annamart Jarman – 18 jaar diens toekenning
  • Elmaré Weatherall-Thomas – een jaar diens toekenning
  • Thinus Alers – twee jaar diens toekenning
  • Wynand Manders – 30 jaar diens toekenning

Baie dankie aan die volgende persone vir die sukses van die toekenningsaand:

  • Koos Venter vir die gebruik van die saal
  • Oase Gemeente pastoor Danie Stevens vir opening
  • Elke ouer vir hul teenwoordigheid en hulp gedurende 2020
  • Elke jeuglid vir hul uithou vermoë en deelname in 2020
  • Elke offisier en heemraadslid vir hul teenwoordigheid en hul bydrae die jaar

Die Voortrekkers is ‘n Afrikaner jeugorganisasie wat gestig is met die doel om kinders meer te leer van Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap. Die Voortrekker offisiere en heemraadslede is vrywilligers, wat hul vryetyd bestee aan die gemeenskap se kinders, dis moue oprol, vasbyt en hard werk.

Hulle het egter ‘n groot tekort aan offisiere, en moedig die gemeenskap se ouers aan om betrokke te raak. ‘n Offisier moet baie energie hê, ‘n liefde vir kinders, ‘n hart vir kinders, bereid wees om op kampe, uitstappies en aktiwiteite te gaan, beskikbaar wees op Woensdae aande van 16:45 tot 18:00 vir spanbyeenkomste, asook vir offisiere vergaderings, fondsinsamelings en Voortrekker projekte.

Vir meer inligting besoek www.voortrekkers.co.za.

 

Agter: Danie Naudé (links) en Graad 5 offisier Lizzie Alers. Voor van links: Gert-Hendrik du Plessis, Tatjana Eksteen en JJ van Wyngaard.
Agter: Danie Naudé (links) saam met Graad 3 en 4 offisier Ronelle du Plessis. Voor van links: Kevin van den Berg, Ruben van Wyngaard en Amori Weatherall-Thomas.