Community

Vaarwel James

Vaarwel James

Rustenburg – Dit is met leed dat ons die afsterwe van James du Preez met u deel.

Du Preez was Donderdag, 26 Oktober, omstreeks 05h00 onderweg werk toe by die Rasimone myn, Rustenburg. Dit was die laaste oggend war sy vrou hom gesien het.

Hy is as vermis aangemeld nie lank agterna nie en die plaaslike sosiale media het vuur en vlam boodskappe gedeel om te help James opspoor.

Du Preez het ‘n wit Nissan Micra bestuur, wat later op die R104 in Buffelspoort deur die Polisie ontdek is op Maandag, 30 Oktober.

Du Preez is intussen dood aangetref. Wyle Du Preez se roudiens vind op Vrydag, 24 November om 14h00 vanuit die AGS Oase van Hoop kerk plaas.

James se vrou en familie is baie dankbaar teenoor almal wat ‘n soektog geloods het om hul geliewe James op te spoor.

 

More local news