Hoërskool Ellisras leerder onverwags oorlede

Lephalale – Jandré Stanz, ‘n Graad 9 leerder van Hoërskool Ellisras, is skielik oorlede op Dinsdag 24 November. Volgens ‘n skrywe van die skool het dié gebeur kort na hy met sy fiets by die skool aangeland het. Jandré se gedenkdiens sal op 28 November plaasvind vanuit die Hervormde Kerk Onverwacht-gemeente. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy se vriende en familie.
