Setaria – Safe Haven in Setaria is ‘n veilige hawe vir wegloop troeteldiere. Hier neem hulle die diere in en versorg hulle tot ‘n nuwe huis kan kry. Om een van die viervoete deel van jou gesin te maak, kontak Christel Steenkamp op 082 574 3379.
Amy is baie liefdevol met goeie maniere en sy sal haar baas mooi oppas.
Penny is ‘n worshond kruising, sy is sowat drie jaar oud en baie op en wakker.
Jacky is baie liefdevol en kom goed oor die weg met ander honde maar is glad nie ‘n katliefhebber nie.
Jack is ‘n ouerige hondjie wat ‘n liefdevolle huis soek waar hy kan aftree. Hy is nog baie spelerig en kom goed met ander honde oor die weg.
Ella is nog baie jonk en op en wakker en het baie liefde om te gee.