Schools & sport

Groot pret by Thabazimbi Gholfbaan

2 December 2020 · Platinum Bushvelder

Groot pret by Thabazimbi Gholfbaan

Thabazimbi – Dit was ‘n pragtige reënerige oggend op die gholfbaan op Saterdag 21 November tydens Hoërskool Frikkie Meyers (HFM) se gholfdag. HFM het 20 vierbal inskrywings gehad – Full American Scramble!

Die wenners vir die dag was Victor Potgieter snr, Victor Potgieter jnr, Cilliers Muller en Zack Symons. HFM was bevoorreg met vele borge en hulp van die gemeenskap tydens die fondsinamelingsprojek ten bate van hulle skoolfonds. HFM skoolhoof meneer Collin Campbell het tydens sy bedankings genoem dat 2020 ‘n moeilike jaar was vir Thabazimbi se skole as gevolg van COVID-19, maar dat hy dankbaar is dat die gemeenskap so kon saamspan om van die gholfdag ‘n sukses te maak.

HFM het vet pret gehad langs die gholfbaan.