SA Super Rugby Unlocked

Bulle vs Pumas
Op Loftus klop die Bulle die Pumas 21-5. Glad nie aanskoulike ruggas nie ou grote, maar dis darem nou verby... Ek bedoel... die COVID-19 ding... die Unlocked grap man!
Die Bulle wen vir die eerste keer in 10 jaar ‘n trofee en bra Jake se glimlag spreek boekdele. Aimee Barrett-Theron word die eerste vrou wat die fluitjie blaas in ‘n eersterangse game in Suid-Afrika. En sy het dit baie goed hanteer!
Currie Beker
Die afskop van die 2020/21 Currie Beker skop Vrydagaand af en dit sal ook vir eers sonder toeskouers wees.
Die bepalings vir die naweek is...
- Haaie vs Pumas, Vrydag 19:00
- Griekwas vs Goue Leeus, Saterdag 16:30
- WP vs Blou Bulle, Saterdag 19:00
Tri Nations
Die Aussies en die Pumas speel gelykop 15 punte elk. Vir die tweede agtereenvolgende game behaal Nicolás Sánchez ál die Puma se punte! Die kompetisie kan nou deur enige span gewen word. Die All Blacks hervat hulle stryd met die Pumas Saterdag en sal verlore aansien wil herwin.
Autumn Nations Cup
- Skotland 15 – 22, Frankryk
- Wallis 18 – 0, Georgia
- Engeland 18 – 7, Ierland
Nag ou grote... Gaan groot of gaan huistoe!
