Schools & sport

Spitskop SNS hou Kerspartytjie

15 December 2020 · Platinum Bushvelder

Spitskop SNS hou Kerspartytjie

Thabazimbi – Dit was partytjie tyd by Spitskop Special Needs School (SNS) op Vrydag 27 November.

Al die leerders was uit hul nate oor hulle kers geskenke.

Die skool wil graag vir vir Adel Pelser en ECI Automation bedank vir hierdie vreugdevolle dag. Spitkop SNS waardeer julle bydrae ongelooflik baie.
Adel sorg al die afgelope vier jaar dat Spitskop leerders ‘n Kerspartytjie met geskenke, asook hope pret, speletjies en heerlike eetgoed het. Die leerders ervaar die gevoel van aanvaarding en liefde.

Natuurlik bly die ‘royal icing’ koekies een van die dag se hoogte punte.

 Met die pandemie was hierdie jaar se partytjie ‘n redelike uitdaging en was dit net ‘n plesier om te sien hoeveel ECI Automation vir die leerders omgee, hulle het dadelik ingespring en hand aan hand saam met Adel gestap om alles te laat gebeur. Die leerders het baie lekker saam met die ECI personeel gespeel, geëet, gesels en gelag.

Die nuwe sokker veld was ook uit getoets en Team Madumetja was die wenners van die wedstryd.

Spitskop SNS leerders het hul gate uit geniet.