Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR).
TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien. Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasies om beter vir díe brakkies
Die volgende hondjies is beskikbaar vir aanneming:
Ice Jr is ‘n wyfie en 7 weke oud. Sy sal 30 November reg wees vir aanneming na haar tweede inenting. Sy is baie liefdevol en ‘n op-en-wakker viervoet kindjie!
Storm Jr is ‘n reun en 7 weke oud. Hy sal 30 November reg wees vir aanneming na sy tweede inenting. Hierdie klein diertjie sal ‘n familie baie vreugde en liefde gee!
Verlore GSP is gevind by BP garage. Die eienaar kan TAR kontak of Tania by 084-885 6487 of Magda by 082-375 4064.
Verlore viervoet kind. Kontak TAR direk of kontak Tania by 084-885 6487 of Magda by 082-375 4064.