Aanhouers wen!

Thabazimbi – Jackie Brits het die laaste drie maande hard gewerk en die vrugte daarvan gepluk deur te gradueer vir haar derde swart belt en haar instrukteurskursus te slaag.
Sy is reeds agt jaar al lid van Thabazimbi Skopboks Klub. Sy doen skopboks van laerskooldae af en het oor die jare presteer op alle gebiede en haar selfs onderskei as ‘n kampioen. Sy het twee wêreld kampioenskappe agter die rug en hou twee titelbelde in twee verskillende gewigsafdelings. Sy het dan ook haar springbok klere amptelik verwerf en is nog ‘n aktiewe lid van Thabazimbi Skopboks. Baie geluk aan ‘n besondere sport prestasie!
