Schools & sport

Laerskool Thabazimbi groet drie legendes

18 December 2020 · Platinum Bushvelder

Laerskool Thabazimbi groet drie legendes

Thabazimbi – Dit is met groot hartseer dat Laerskool Thabazimbi totsiens sê aan drie geliefde personeellede... meneer Johann Meintjes, juffrou Marietjie du Plessis en juffrou Corlia Williams.
Meneer Johann is sedert 1989 verbonde aan Laerskool Thabazimbi. Hy het as departementshoof gedien en was ook die Engelse vakhoof. Na 31 jaar se diens tree hy uit by Laerskool Thabazimbi. 

Meneer Johann Meintjes

Juffrou Marietjie du Plessis se verbintenis met Laerskool Thabazimbi strek van 1997 tot 2011 waar sy vir die eerste keer ‘aftree’. Laerskool Thabazimbi was so bevoorreg om haar weer terug te verwelkom in 2016 waar sy voltyds in diens was – grootliks in die Engelse departement tot in die helfte van 2020.

Juffrou Marietjie du Plessis

Juffrou Marietjie laat voorwaar ‘n groot leemte. Juffrou Corlia is sedert 2000 verbonde aan Laerskool Thabazimbi en meer spesifiek die Tjokkerskool. Sy was een van die ‘stigterslede’ van Laerskool Thabazimbi se Tjokkerskool en tree uit na 20 jaar se diens by Laerskool Thabazimbi.

Juffrou Corlia Williams

Geniet die nuwe fase van jul lewe, die personeel, ouers en kinders gaan jul verseker baie mis.