Community

Thabazimbi Ghostriders maak ‘n verskil

18 December 2020 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi Ghostriders maak ‘n verskil

Thabazimbi – Die Thabazimbi Ghostriders het op Saterdag 24 Oktober worsbroodjies verkoop by Thabazimbi Spar. Met die fondse wat hulle ingesamel het, het hul ‘n R2,000 BUCO koopbewys gekoop en op 27 November is dit aan Loving Hands oorhandig, om te gebruik vir die nodige herstelwerk aan die Thabazimbi Shelter.


Die koopbewys is oorhandig aan Beverly Kühn by Kaya Kwa deur Thabazimbi Ghostrider president John Henry Herbst.

 

  • Baie dankie aan die volgende borge:
  • Kaya Kwa vir twee koopbewyse - elk ‘n ete wat hul as pryse geskenk het.
  • Black Basset vir die wors.
  • Spar vir die perseel en die afslag op broodjies en wors. 

Die Thabazimbi Ghostriders daag al die ander Thabazimbi motorfiets klubs uit om dieselfde skenking of meer te gee aan die Loving Hands Shelter projek! 

Thabazimbi Ghostriders oorhandig die R2,000 BUCO koopbewys aan Beverly Kühn.