Baie dankie Medhof Apteek!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Homeless Shelter wil graag van die geleentheid gebruik om Medhof Apteek te bedank vir hulle vrygewige donasie. ‘n Groot dank ook aan Nurse Morolong, wat tans opgelei word as ‘n aptekersassistent by Medhof Apteek vir haar groot persoonlike bydrae.
Die skuiling vir hawelose mense behoort binnekort klaar te wees met al die renovasies, afhangende van die donasies en die hulp van die gemeenskap. Medhof het die organisasie beslis ‘n hupstoot gegee om hul mikpunt spoedig te bereik.
Indien jy ‘n bydrae wil maak tot die projek, kontak Beverley Spira Kühn op 078 403 1813.
