Frankryk vs SA

In die Stade de France moes die Bokke vir tagtig minute veg om 18-17 as oorwinnaars van die veld te kon stap.
Die Bokke sal die wen vat, want mooi ruggas was dit gewis nie ou groene! Pollard het skoon sy skopskoene op die trein vergeet en mis vier maklike skoppe. Gelukkig was sy algemene spel baie goed soos dit op tien moet wees.
Francois Venter het goed vertoon op binne senter. Hopelik sal Warrick Gelant ‘n kans op heelagter teen Italië kry. Voorlangs het dit nie te sleg gegaan nie. Allister se tyd raak ook min en sal hoop vir ‘n oorwinning na verlede jaar se rekord neerlaag teen die Spaghetti’s.
Ander uitslae:
- Ierland 23 – Fidji 20
- Skotland 17 – Nieu-Seeland 22
- Engeland 30 – Australië 6
- Wallis 13 – Georgia 6
- Italië 15 – Argentinië
Nag ou groene…
