Sussies albei hoofmeisie

Thabazimbi – Sussies Ané en Mariska Coetzee is albei sterk akademiese leerders. Hul ouma het van kleintyd af altyd gehelp met huiswerk en hulle geleer om om alles met volle oorgawe aan te pak, netheid en deursettingsvermoë.
Ouma se insette het al vele vrugte geoes. Hul het beslis die Coetzee gesin trots gemaak deur albei gekies te word as hoofdogters vir hul onderskeie skole.
Mariska is gekies as die 2021 hoofdogter van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) en Ané as die Laerskool Thabazimbi se hoofdogter vir 2021. Dit is vir hulle ‘n groot voorreg om die posisies te vul en hul hoop dat hulle die jaar hul merk sal los.
HFM hoofdogter Mariska Coetzee.
