Community

VLU Northam vier jaarafsluiting by Kameelhoek

VLU Northam vier jaarafsluiting by Kameelhoek

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het ‘n vol en woelige jaar agter die rug. Ter afsluiting het hulle hul laaste vergadering by die Kameelhoek Game Ranch gehou.

Koekoes van der Westhuizen het die groep vrouens vir ‘n heerlike wildsrit geneem.

By die vergadering was ‘n prysuitdeling ook gehou om al die lede se harde werk deur die jaar te beloon.

Om in 2018 ‘n verskil in jou gemeenskap te maak en deel te word van die groep dinamiese vrouens, kontak Chantell Steynberg by 061-326 2724.

Celia Goosen (regs) oorhandig ‘n trofee aan Riana Oosthuizen vir die meeste punte behaal gedurende die jaar in die tak.
Agter van links: Celia Goosen, sekretaresse; Mari Meintjes; Riana Oosthuizen, voorsitter; Madeleine Meintjes; Chantell Steynberg, skakelbeampte; en Koekoes van der Westhuizen. Voor: Angela Potgieter en Natasha Prinsloo, tesouriere.
Van links: Madeleine Meintjes wens Chantell Steynberg geluk met haar verjaarsdag.

 

More local news