Community

Die kar o nè! [Brief aan die redakteur] 

24 February 2021 · Platinum Bushvelder

Die kar o nè! [Brief aan die redakteur] 

Die verskil tussen ‘n kar en ‘n motor is maar die bestuurder.
Corona word bestuur deur ‘n donkiekar bestuurder wat nie bewus is van moderne tegnologie nie. Byvoorbeeld... Die besending van die teenmiddel, wat net 22% effektief is, het wel in Suid-Afrika aangeland. Dít teen hoë kostes met die donkiekar bestuurders wat dit op die lughawe loop inwag het. 


Dan is daar die diefstal en vermorsing van die middele wat aangewend kon word vir ‘n beter Suid-Afrika. Armes en ondergaande besighede kon gered word.
Maar daar is lig in die tonnel – en dit is nie ‘n trein nie! Ons hoop en geloof sal ons deurdra. Ons het heelwat pandemies en krisisse oorleef deur eeue heen as volk omdat ons weer moed geskep het, opgestaan het en veral begin daad by die woord sit en werk. 


Werk is skaars maar harde werk is volop. As ons positief dink, werk vir ons drome en oop oë droom, sal ons oorleef. Bly die ‘self talk’ ding doen, want jy kan, jy sal, jy wil, en jy gaan weer die lewe in die oog kyk en die uitdagings van die dag aanvat. 
Oom Mamba, Thabazimbi