Community

Dankie Klankgrens! [Skrywe aan die redakteur]

4 March 2021 · Platinum Bushvelder

Dankie Klankgrens! [Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Solank as wat hy al kan onthou, is my man doof in sy een oor. Ek het vir Klankgrens Gehoorsentrum eienaar Kobus van Der Nest raakgeloop en ons het praatjies aangeknoop.

 
Hy het my vertel van baie mense wat sukkel met gehoor. Só vertel ek hom toe van my man en dat ‘n destydse spesialis vir ons gesê het, omdat dit senuweedoofheid is, hulle nie iets daaromtrent kan doen nie. Kobus het nie daar opgegee nie. Hy het vir my gesê dat ek asseblief die volgende middag my man moet inbring – hy wou self loer om te kyk wat aangaan. Wonder bo wonder het Kobus die toets gratis vir ons gedoen. Gou het Kobus wel agtergekom dat die uitdaging oplosbaar was! Hy het terstond verskeie gehoorapparate getoets en elke liewe een se frekwensies op sy rekenaar ingestel.

 
En daar gebeur dit… ‘n klop-klop geluid, en my man kon dit hoor…!
Baie dankie Kobus vir jou onbaatsugtige hulp. Jy het soveel tyd en moeite ingesit om my man te kan help. Na 30 jaar, spesialiste en waninformasie, het jy die verskil gemaak.
‘n Dankbare Vrou