Crime & safety

Knapgedaan!

12 March 2021 · Platinum Bushvelder

Knapgedaan!

Thabazimbi – Bosveld Misdaad Ondersoeke, Matlabas Plaaswag, Thabazimbi Speurdiens en ander polisie eenhede het op Vrydag 6 Maart inligting opgevolg rakende ‘n huisroof in  Makoppa.


Daar is beslag gelê op ‘n voertuig wat vermoedelik gebruik is tydens ‘n voorval op 28 Februarie waar plaaswerkers vasgemaak en aangerand is. Die verdagtes het die kluis op die perseel opgeblaas en weggekom met twee televisies, ‘n elektriese slypmasjien en ‘n sweismasjien... Een verdagte is gearresteer en die ondersoek duur voort.