Northam Boerevereniging vergader

Northam – Die Northam Boerevereniging het op Woensdag, 2 Augustus vergader en Henning van Aswegen het geopen met Psalm 100 en gebed.
Tydens die vergadering is terugvoer gegee oor die brandfunksie wat op 7 Julie gehou is, wat ‘n reuse sukses was. Van Aswegen het in besonder die boere vir hul volgehoue samewerking bedank.
Vervolgens sal die vetveeveiling plaasvind op 20 September by die Northam Boerevereniging, en soos in die verlede, sal daar weer ses kategorieë wees. Na afloop van die veiling sal daar weer lekker gebraai en gekuier word. Boernor en NBV borg weer soos in die verlede hierdie funksie.
Na afloop van die vergadering was daar oudergewoonte ‘n vleisie om te braai.
