Community

SHH maak 'n verskil

12 March 2021 · Platinum Bushvelder

SHH maak 'n verskil

Northam -  Dit was ‘n groot voorreg om Solidariteit Helpende Hand (SHH) streeksvoorsitter Mariahantie van der Walt, maatskaplike werker Carol Ankiewicz en maatskaplike hoof Christna Potgieter, te verwelkom by die Northam-tak op Woensdag 11 Februarie.

Carol is aan die lede voorgestel as Northam se nuut aangestelde maatskaplike werker. SHH hoofkantoor het skooltasse wat tydens die Skooltassie-projek bymekaar gemaak is aan Laerskool Platina Primary in Swartklip oorhandig. Die doel van SHH se Skooltassie-projek strek wyer as om net ‘n tassie vol skryfbehoeftes in ‘n Graad 1 se hand te plaas – dit skep hoop, gee selfvertroue en verseker die kind dat daar iemand is wat in hom of haar glo.

Regoor Suid-Afrika is daar duisende Graad 1’s wat opgewonde en vol selfvertroue hulle skoolloopbaan betree. Maar daar is duisende kinders wat opdaag met stomp potlode en uitveërs wat halfpad gekou is. Die Skooltassie-projek is vir SHH ‘n hartsaak. Vir die afgelope 13 jaar slaag hul daarin om duisende tassies regoor die land te versprei. Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan die meeste van die skole se voorskrifte van skryfbehoeftes. Die waarde van so ‘n tassie met die inhoud is R350.00.

Om ‘n verskil te maak in jou gemeenskap, skakel gerus Rene Jansen by 073 4299 411 of Natasha Prinsloo by 076 010 3241 en raak betrokke!