Sylvia oorleef gru ongeluk

Thabazimbi – Sylvia van der Berg en ‘n passasier was betrokke in ‘n ernstige motorongeluk op die Marakele-pad op Sondag 14 Maart. Sy was besig om te bestuur (rigting Marakele) toe haar motor se band bars. Die voertuig het begin rol en Sylvia is in die proses uit die kar geslinger. Haar sleutelbeen is gebreek en sy het ‘n hoofwond opgedoen asook verskeie snye oor haar gesig wat steke moes kry. Die passasier het gelukkig slegs geringe beserings opgedoen maar is getraumatiseerd.
Gerugte het op sosiale media die rondte gedoen dat Sylvia oorlede is. Genadiglik het sy egter die ongeluk oorleef en is tans in die hospitaal - besig om aan te sterk.
Thabazimbi Crisis Control Centre se Henk Havenga wat op die toneel was, het genoem dat daar onlangs heelwat ongelukke op dié pad was.
