Schools & sport

Rugby.

6 April 2021 · Platinum Bushvelder

Rugby.

Local is Lekker...
In die laaste opwarming games ter voorbereiding vir die PRO-16 Rainbow Cup, is daar sprankel ruggas opgemerk. Die Rainbow Cup skop op 24 April af.
Die Sharks het in Durban die Bulle 45-12 geklop. Siya Kolisi het in sy debuut game ook ‘n drie gedruk en het goed ingeskakel by die Haaie se spelpatroon. Die Stormers het ook weer in rat gekom en klop die Leeus 44-12. Vir die Leeus lê daar ‘n opdraande stryd voor vir die seisoen. 
Die Pumas verloor teen die Griekwas 23-22 in Kimberley. Die Puma losskakel Eddie Fouché mis ‘n strafskop in die doodsnikke. 
Dit was dan vir eers die laaste game wat die twee spanne gespeel het. Die Cheetahs vermorsel  die EP Elephants en wen 71-12 in hulle laaste game.

Nieu-Seeland Aotearoa Super Rugby

  • Chiefs 15 - 12 Blues
  • Highlanders 19 - 30 Hurricanes

Australian Domestic

  • Waratahs 14 - 46 Reds
  • Brumbies 42 - 12 Force

Six Nations 2021
Wallis is die nuwe Ses Nasie Kampioene vir 2021. Die Franse wat die Skotte met vier drieë of meer as 20 punte geklop het, is ontnugter deur ‘n vasberade klomp “brave hearts” wat hierdie toets 27-23 wen. Die Franse het ‘n goeie seisoen gehad en gaan gewis weer ‘n krag in wêreld ruggas word. 
Nag ou grote, rustige naweek en veilig reis...