Dwaalboom – Die Dwaalboom Karate Klub eindig 2017 op ‘n hoë noot! Hulle het hul praktiese eksamen, wat dien as hul jaarlikse gradering, en jaareindfunksie op Saterdag, 18 November terdeë geniet toe daar vir oulaas nog kragte gemeet is.
Sowat 45 karateka het die gradering deelgeneem en is gehou by die Dwaalboom ontspanningsklub. Die gradering was behartig deur die bekwame sensei Marius Ferreira, sensei Vernon Visagie, sensei Donovan Will en sensei Reinier.
Kristin Damons, beste vordering by Dwaalboom karate klub.
Elri Herholdt en Danika Stefhansen is aangewys as Dwaalboom karate klub se beste vegters (kumite).
Fransume Prins is aangewys as Dwaalboom Karateka van die jaar, vir drie jaar in ‘n ry!
Nomonde en Thandiswa Magadlele is aangewys as die beste beginners van Dwaalboom karate klub vir 2017.
Bosveld Karate Akademie en Dwaalboom Karate Klub, jolig na die verrigtinge!
Erich Drawe, ‘n 47-jarige tegnikus van PPC Dwaalboom het na 5 jaar se toegewyde oefening sy swart gordel verwerf: 1ste Dan (Shodan) ... Net nóg ‘n bewys karate is vir jonk en oud!