Sonstraal gesiggies

Northam - Ollie die nar het op Woensdag 30 Maart, by Sonstraaltjie Kleuterskool gaan kuier. Die kinders se gesiggies het voorwaar gestraal van die opwinding. Hy het beslis vir groot pret en vermaak gesorg met al sy manewales en die jongspan het dit terdeë geniet.
