Bandjies met ‘n boodskap

Thabazimbi - Solidariteit Helpende Hand Northam-tak het die leerders en onderwysers van Laerskool Platina Primary bederf met motiverende armbandjies op 29 Maart.
Die woorde ‘Never give up’ is op die bandjies gedruk om leerders te inspireer en te herinner om deur te druk selfs al is dit moeilik.“As gevolg van COVID-19 en al die maatreëls kon ons nie ‘n groot geleentheid vir die jongspan aanbied nie.
So ons het besluit om vir hulle iets te gee wat hulle vir altyd al kan hou en motiveer om nooit op te geen nie,” het Solidariteit Helpende Hand Northam-tak lid Nicky Hamman in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder gesê. Laerskool Platinum Primary skoolhoof Lottie van der Westhuizen het die leerders toestemming gegee om die bandjies skool toe te dra. Die grondslagfase onderwysers is ook baie dankbaar omdat dit leerders sal leer om tussen links en regs te kan onderskei.
