Geluk ouma Annelie!

Maroelasfontein – Baie geluk aan Annelie van Wyk van Maroelasfontein wat op Saterdag, 25 November haar 89ste verjaardag gevier het.
Mevrou Annelie is in 1928 op Groebvalei in die Matlabas distrik (Limpopo) gebore. Sy trou in 1949 met Roelf van Wyk van Maroelasfontein waar sy steeds woon. Haar seun Theo van Wyk van Maroelasfontein en dogter Mari Meintjes, en hul onderskeie gesinne, dank die Here vir die lang lewe wat Hy vir Annelie spaar vir haar geliefdes. Mag sy nog lank vir haar geliefdes gespaar bly!
Hier van die Platinum Bushvelder span – baie geluk ouma Annelie, mag hierdie jaar hope liefde en seëninge inhou vir jou!
