Wanpersepsie oor Platina Laerskool

Swartklip – As voorsitster van die beheerliggaam van Laerskool Platina is daar ‘n swaar gewig op my hart. Daar bestaan ‘n wanpersepsie daarbuite dat ons Laerskool ‘n 100% Engelse skool is. ‘n Ander wanindruk doen ook die rondtes dat ons oor drie jaar ‘n 100% Engelse skool gaan word.
Met hierdie brief wil ek die misverstand uit die weg ruim.
Laerskool Platina is ‘n dubbel-medium skool. Ons bied onderrig in Engels sowel as in Afrikaans aan. Ons het vanaf Januarie 2018, drie graad 1 tot graad 5 Engelse klasse en twee graad 6 en 7 Engelse klasse. Ons het Afrikaanse klasse in graad 1-7.
Ons skool het gegroei in getalle aan die Engelse kant wat vir ons wonderlik is, maar ons Afrikaanse klasse het glad nie uitgesterf nie.
Ons skool groei elke jaar met baie verbetering wat in en aan ons skool plaasvind. In 2017 het ons drie weervaste netbalbane opgesit. Ons het ook ons skool se saal oorgedoen en opgegradeer en van ons stoepe asook ‘n klaskamer het ‘n spreekwoordelike nuwe baadjie aangetrek.
Ek vra dat u as ouer my of enige van ons departementshoofde sal kontak indien u enige navrae het wat ons skool aanbetref. Ons sal u graag vergesel met ‘n privaattoer deur ons skool sodat uself, u eie mening en besluit rondom ons skool sal neem.
Groete, Susan Holloway, Laerskool Platina
