Watse gogga is dié?

Thabazimbi – ‘n Leser is by die werk doenig, toe die vreemdste ‘gogga’ sy verskyning maak. Die wit monstertjie het op haar hand beland, en sonder versuim het sy ‘n kiekie geneem.
As jy weet wat die klein aardigheid is, stuur graag ‘n e-pos aan news@platinumbushvelder.co.za of stuur ‘n WhatsApp aan 072 482 6871.
