Community

Digter Vollie maak naam

26 April 2021 · Platinum Bushvelder

Digter Vollie maak naam

Thabazimbi – Dit is vir ons ‘n groot eer om te spog met een van Laerskool Thabazimbi se oud-personeellede. Mnr Vollie Volschenk wat reeds in 1992 uit diens getree het, het Saterdag 17 April ‘n toekenning ontvang wat deur die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans geloods is. Vyf van Oom Vollie se gedigte is in die bundel ‘Stemme uit die Suiderland’ opgeneem.  
Hy ding in drie afdelings mee en word aangewys as die algehele naaswenner van die GHA Digkompetisie vir 2020. Op 89-jarige ouderdom is dit waarlik ‘n groot prestasie! Baie geluk Oom Vollie! 

Mnr Vollie Volschenk