Community

Erdewerk pret

10 May 2021 · Platinum Bushvelder

Erdewerk pret

Strewe – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het op Dinsdag 13 April by Ria’s Pottery Studio vergader. Elke lid het ‘n item gekies en geverf en ‘n kreatiewe oggend saam geniet. Die VLU Strewe-tak het ook gepronk tydens die afgelope konferensie deur weg te stap met die prys vir die hoogste totaal in algemeen en gebak. Die dames se volgende vergadering vind plaas op 11 Mei. 

Vir meer inligting kontak Ilna Schutte op 
082 774 8803.

Alta Eloff spog met hul sertifikate. 
VLU Strewe-tak lede se kreatiewe kunswerke.