Community

Kreatiewe kolkuns 

10 May 2021 · Platinum Bushvelder

Kreatiewe kolkuns 

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 15 April vergadering gehou te Swartklip. Bosveld streeksvoorsitter Riana Oosthuizen het die VLU Northam-tak besoek en lede herinner aan die etiket van VLU en waaroor die VLU gaan. Sy het ook haar kennis oor gehekelde onderbord plekmatjies gedeel.
‘n Kolkuns werkswinkel is aangebied waar die lede blompotte gemaak het. Kolkuns is ‘n kunswerk wat elk ‘n storie vertel deur die gebruik van verskillende kleure en grootte kolletjies. 

Om deel te wees van VLU Northam-tak of enige navrae, kontak skakelbeampte Chantell Steynberg op 061 326 2724.

Bosveld streeksvoorsitter Riana Oosthuizen.
‘n Kolkuns blompot.